Nederlands

Frysk

English

Deutsch

Italiano

Afrikaans

Svenska

Norsk

עִברִית
alle lichtjes helpen

Elke liggie help

Net soos elke ander dag, kan jy op die kortste dag van die jaar, met n klein gebaar, iets spesiaal beleef.

Elke liggie help is ons uitnodiging aan jou om n kersie aan te steek om 4:00 pm op 21 Desember. Dan, om daarmee buitentoe te gaan na n plek waar jy stil en veilig kan sit of staan vir n rukkie.

Ons nooi jou uit om te ervaar wat ook al gebeur: om met jou eie gedagtes besig te wees, om mense te ontmoet of nie te ontmoet nie. Let op wat gebeur as jy op dieselfde plek bly vir n rukkie en watter effek die lig en die kers se hitte op jou het. Jou gefokusde aandag mag jou beweeg tot aksie of dit kan jou kalmeer. Weet dat daar niks anders is wat jy hoef te doen nie en wat jy doen is genoeg. Kyk na jouself en die wereld vanuit hierdie perspektief en ervaar dit so. Ons hoop jy het n goeie ervaring.

Die uitnodiging vir Elke liggie help kan afgelaai word en is n lys met instruksies. Dit is belangrik om te beklemtoon dat die instruksies vrywillig is. Jy kan dit doen, of nie doen nie, net soos met die gebruik van n resep vir appeltert.


Deur wie?

Elke liggie help Elke liggie help is n idee van kunstenaarBruno van den Elshout, wat verder gegroei het met die hulp van ontwikkelings sielkundige Eefje Cobussen en beroepspionier Saskia Op de Weegh. Illustrator Idris van Heffen het die illustrasie gedoen en Eyal Holtzman die grafiese ontwerp. Webtuiste ontwerper Coen Cuijpers het daarvoor gesorg dat jy hierdie webblad kan besoek. Die Afrikaanse vertaling is n geskenk van Trudie Pienaar.